Sakima het saam met sy ouers en vierjarige suster op ‘n ryk man se grond gewoon. Hulle grasdak-hut was aan die einde van ‘n ry bome.
Sakima vivía con sus padres y su hermana de cuatro años de edad. Vivían en el terreno de un hombre rico. Su choza de paja estaba al final de una fila de árboles.
Toe Sakima drie jaar oud was, het hy siek geword en sy sig verloor. Sakima was ‘n talentvolle seun.
Cuando Sakima tenía tres años de edad, se enfermó y perdió la vista. Sakima era un chico talentoso.
Sakima het baie dinge gedoen wat ander sesjarige seuns nie gedoen het nie. Hy kon byvoorbeeld saam met ouer mense van die dorpie sit en belangrike sake bespreek.
Sakima hacía muchas cosas que los otros chicos de seis años no podían hacer. Por ejemplo, podía sentarse con los miembros mayores de la aldea y discutir asuntos importantes.
Sakima se ouers het by die ryk man se huis gewerk. Hulle het vroegoggend van die huis af weggegaan en laataand teruggekom. Sakima het by sy sussie gebly.
Los padres de Sakima trabajaban en la casa del hombre rico. Salían a trabajar temprano en la mañana y volvían a casa tarde por la noche. Sakima se quedaba con su hermana pequeña.
Sakima het gehou van sing. Eendag het sy ma hom gevra: “Waar leer jy die liedjies, Sakima?”
A Sakima le encantaba cantar. Un día su madre le preguntó, “¿Dónde aprendes estas canciones, Sakima?”
Sakima het geantwoord, “Hulle kom net, Mamma. Ek hoor hulle in my kop en dan sing ek.”
Sakima le respondió, “Simplemente llegan, madre. Las escucho en mi cabeza y después las canto.”
Sakima het daarvan gehou om vir sy sussie te sing, veral as sy honger was. Sy sussie sou luister hoe hy sy geliefkoosde lied sing. Sy sou wieg op die maat van die strelende musiek.
A Sakima le gustaba cantarle a su hermana pequeña, especialmente cuando ella tenía hambre. Su hermana le escuchaba cantar la canción favorita de Sakima. Y se relajaba bailando con su canción.
“Sal jy dit weer en weer sing, Sakima,” het sy sussie hom gesmeek. Sakima sou instem en dit oor en oor sing.
“¿Podrías cantarla una y otra vez, Sakima?”, le suplicaba su hermana. Sakima asentía y le cantaba una y otra vez.
Een aand toe sy ouers tuiskom, was hulle baie stil. Sakima het geweet dat iets verkeerd was.
Una noche después del trabajo, sus padres volvieron muy callados. Sakima sabía que algo estaba mal.
“Wat is verkeerd, Mamma, Pappa?” het Sakima gevra. Hy moes hoor dat die ryk man se seun vermis was. Die man was baie hartseer en eensaam.
“¿Cuál es el problema, madre, padre?” Preguntó Sakima. Sakima se enteró que el hijo del hombre rico se había perdido. El hombre se sentía muy triste y solo.
“Ek kan vir hom sing. Miskien kan hy weer gelukkig wees,” het Sakima vir sy ouers gesê. Maar sy ouers het nee gesê. “Hy is baie ryk. Jy is net ‘n blinde seuntjie. Dink jy jou lied sal hom help?”
“Yo puedo cantar para él. Quizá eso lo hará feliz,” le dijo Sakima a sus padres. Pero sus padres lo desestimaron. “Él es muy rico. Tú sólo eres un chico ciego. ¿Crees que tu canción lo va a ayudar?”
Sakima het nie opgegee nie. Sy sussie het hom ondersteun. Sy het gesê: “Sakima se liedjies troos my as ek honger is. Hulle sal die ryk man ook troos.”
Pero Sakima no se rindió. Su hermana pequeña lo apoyó. Le dijo: “Las canciones de Sakima me ayudan cuando tengo hambre. Van a tranquilizar al hombre rico también.”
Die volgende dag het Sakima sy sussie gevra om hom na die ryk man se huis toe te lei.
Al día siguiente, Sakima le pidió a su hermana pequeña que lo llevara a la casa del hombre rico.
Hy het onder die een groot venster gaan staan en begin om sy geliefkoosde lied te sing. Stadig het die ryk man se kop deur die groot venster sigbaar geword.
Se paró debajo de una gran ventana y empezó a cantar su canción favorita. Lentamente, el hombre rico comenzó a asomar su cabeza por la gran ventana.
Die werkers het hul werk gestaak. Hulle het na Sakima se pragtige lied geluister. Een van die mans het egter gesê: “Niemand kon nog die baas vertroos nie. Dink hierdie blinde seun hy kan hom troos?”
Los trabajadores dejaron de hacer sus tareas. Escucharon la hermosa canción de Sakima. Pero un hombre dijo, “Nadie ha podido consolar al jefe. ¿Acaso este chico ciego cree que él puede consolarlo?”
Sakima het sy lied klaar gesing en omgedraai om weg te gaan, maar die ryk man het buitentoe gehardloop en gesê: “Sing asseblief weer.”
Sakima terminó de cantar y se dio vuelta para irse. Pero el hombre rico salió de prisa y dijo: “Por favor canta de nuevo.”
Op daardie oomblik het twee mans met iemand op ‘n draagbaar aangekom. Hulle het die ryk man se seun gekry. Hy was geslaan en langs die pad gelaat.
En ese mismo momento, llegaron dos hombres que llevaban a alguien en una camilla. Habían encontrado al hijo del hombre rico apaleado y tirado a un lado del camino.
Die ryk man was so bly om sy seun weer te sien. Hy het Sakima beloon omdat hy hom getroos het. Hy het sy seun en Sakima hospitaal toe geneem, sodat Sakima sy sig kon herwin.
El hombre rico estaba muy feliz de ver a su hijo otra vez. Y le dio una recompensa a Sakima por consolarlo. Llevó a su hijo y a Sakima al hospital para que Sakima pudiera recuperar la vista.