Tingi woon by sy ouma.
Tingi vivía con su abuela.
Hy het saam met haar die koeie opgepas.
Cuidaba a las vacas con ella.
Eendag het soldate gekom.
Un día llegaron los soldados.
Hulle het die koeie weggevat.
Se llevaron las vacas.
Tingi en sy ouma het weggehardloop en gaan wegkruip.
Tingi y su abuela huyeron para esconderse.
Hulle het in die bosse weggekruip tot na donker.
Se escondieron en el monte hasta la noche.
Toe het die soldate teruggekom.
Pero los soldados regresaron.
Ouma het gou vir Tingi onder die blare weggesteek.
La abuela tomó a Tingi y lo escondió debajo de las hojas.
Een van die soldate het reg op hom getrap, maar hy het doodstil gebly.
Uno de los soldados puso su pie directamente sobre él, pero Tingi se quedó en silencio.
Toe dit veilig was, het Tingi en sy Ouma uitgekom.
Cuando estuvieron a salvo, Tingi y su abuela salieron.
Hulle het baie saggies huis toe gesluip.
Se escabulleron a casa muy tranquilamente.