Bok, Hond en Koei was groot vriende. Hulle het eendag in ‘n huurmotor op reis gegaan.
La Cabra, el Perro y la Vaca eran muy buenos amigos. Un día se fueron de viaje en un taxi.
Toe hulle die einde van die reis bereik, het die bestuurder hulle gevra om hulle reisgeld te betaal. Koei het haar fooi betaal.
Al finalizar el viaje, el chofer les pidió que pagaran sus pasajes. La Vaca pagó su pasaje.
Hond het ‘n bietjie ekstra betaal, omdat hy nie die regte kleingeld gehad het nie.
El Perro pagó un poco más, porque no tenía la cantidad de dinero exacta.
Die bestuurder wou net vir Hond sy kleingeld teruggee, toe Bok weghardloop sonder om enigiets te betaal.
El chofer estaba a punto de darle el vuelto al Perro, cuando la Cabra se arrancó sin pagar nada.
Die bestuurder was baie kwaad. Hy het weggery sonder om vir Hond sy kleingeld te gee.
El chofer estaba muy enojado. Se fue sin darle el cambio al Perro.
Dis hoekom Hond, vandag nog, ‘n motor jaag om binnekant te loer op soek na die bestuurder wat hom sy kleingeld skuld.
Debido a esto, hasta el día de hoy, el Perro corre detrás del carro para mirar adentro y encontrar al chofer que le debe su vuelto.
Bok hardloop weg as sy ‘n motor hoor. Sy is bang sy sal tronk toe gaan omdat sy nie haar reisgeld betaal het nie.
La cabra huye cuando escucha el sonido de un carro. Ella tiene miedo de ser arrestada por no haber pagado su pasaje.
En Koei is nie gepla wanneer ‘n motor aankom nie. Koei neem haar tyd om oor die pad te stap, want sy weet dat sy haar reisgeld ten volle betaal het.
Y la vaca no se molesta cuando un carro se acerca, incluso se toma su tiempo para cruzar la calle, porque ella sabe que pagó su pasaje completo.