Andiswa het die seuns wat sokker gespeel het, dopgehou. Sy het gewens sy kon saamspeel. Sy het die afrigter gevra of sy nie saam met hulle kon oefen nie.
Andiswa watched the boys play soccer. She wished that she could join them. She asked the coach if she can practise with them.
Die afrigter het sy hande op sy heupe gesit. “By hierdie skool word net seuns toegelaat om sokker te speel,” het hy gesê.
The coach put his hands on his hips. “At this school, only boys are allowed to play soccer,” he said.
Die seuns het gesê sy moes gaan netbal speel. Hulle het gesê netbal is bedoel vir meisies en sokker vir seuns. Andiswa was baie ongelukkig.
The boys told her to go play netball. They said that netball is for girls and soccer is for boys. Andiswa was upset.
Die skool het die volgende dag ‘n groot sokkerwedstryd gehad. Die afrigter was bekommerd, want sy beste speler was siek en kon daarom nie speel nie.
The next day, the school had a big soccer match. The coach was worried because his best player was sick and could not play.
Andiswa het na die afrigter toe gehardloop en by hom gepleit om haar te laat speel. Die afrigter was onseker wat om te doen. Hy het toe besluit dat Andiswa deel mag wees van die span.
Andiswa ran to the coach and begged him to let her to play. The coach was not sure what to do. Then he decided that Andiswa could join the team.
Dit was ‘n harde wedstryd. Teen rustyd het niemand nog ‘n doel aangeteken nie.
The game was tough. Nobody had scored a goal by half time.
Gedurende die tweede helfte van die wedstryd, het een van die seuns die bal na Andiswa toe geskop. Sy het vinnig na die doelhok beweeg. Sy het die bal hard geskop en ‘n doel aangeteken.
During the second half of the match one of the boys passed the ball to Andiswa. She moved very fast towards the goal post. She kicked the ball hard and scored a goal.
Die skare het gejuig. Van daardie dag af, mag meisies ook sokker gespeel het in die skool.
The crowd went wild with joy. Since that day, girls were also allowed to play soccer at the school.