Tingi woon by sy ouma.
Tingi lived with his grandmother.
Hy het altyd saam met haar die koeie opgepas.
He used to look after the cows with her.
Eendag het soldate gekom.
One day the soldiers came.
Hulle het die koeie weggevat.
They took the cows away.
Tingi en sy ouma het weggehardloop en gaan wegkruip.
Tingi and his grandmother ran away and hid.
Hulle het in die bosse weggekruip tot donker.
They hid in the bush until night.
Net toe het die soldate teruggekom.
Then the soldiers came back.
Ouma het gou vir Tingi onder die blare weggesteek.
Grandmother hid Tingi under the leaves.
Een van die soldate het reg op hom getrap, maar hy het doodstil gebly.
One of the soldiers put his foot right on him, but he kept quiet.
Toe dit veilig was, het Tingi en sy Ouma uitgekom.
When it was safe, Tingi and his grandmother came out.
Hulle het baie saggies huis toe gesluip.
They crept home very quietly.