Die klein bushalte in ons dorpie was bedrywig met mense en oorlaaide busse. Op die grond was nog goed wat gelaai moes word. Busbestuurders het die bestemmings geskree waarheen hul busse sou gaan.
Le petit arrêt d’autobus dans mon village était occupé par des tas de gens et des autobus surchargés. Sur le sol il y avait encore plus de choses à charger. Les revendeurs de billets criaient les noms des endroits où leurs autobus allaient.
“Stad! Stad! Weste toe!” het ek ‘n busbestuurder hoor skree. Dit was die bus wat ek moes haal.
J’entendis un revendeur de billets crier: « Ville ! Ville ! Direction ouest ! ». C’était l’autobus que je devais prendre.
Die stadsbus was amper vol, maar nog mense het probeer inklim. Party het hul bagasie onderin die bus gepak. Ander het hulle s’n op die rakke binne-in gepak.
L’autobus de ville était presque plein, mais plus de personnes poussaient encore pour embarquer. Quelques-unes chargèrent leurs valises sous l’autobus. D’autres mirent les leurs sur les étagères à l’intérieur.
Nuwe passasiers het hul kaartjies vasgeklem terwyl hulle in die stampvol bus gesoek het vir sitplek. Vroue met klein kindertjies het hulle vir die lang reis gemaklik gemaak.
Des nouveaux passagers agrippaient leurs billets tandis qu’ils cherchaient un endroit pour s’asseoir dans l’autobus. Des femmes avec de jeunes enfants les installaient confortablement pour le long voyage.
Ek het myself langs ‘n venster ingedruk. Die persoon langs my het ‘n groen plastieksak styf vasgehou. Hy het ou sandale en ‘n verslete jas aangehad en baie senuweeagtig gelyk.
Je me suis serré à côté d’une fenêtre. La personne à côté de moi tenait un sac vert en plastique fermement. Il portait de vieilles sandales, un manteau usé, et il semblait nerveux.
Ek het uitgekyk en besef dat ek my dorpie, die plek waar ek grootgeword het, moes verlaat. Ek was op pad na die groot stad toe.
Je regardai à l’extérieur de l’autobus et je réalisai que je quittais mon village, l’endroit où j’avais grandi. Je me rendais à la grande ville.
Die laaiwerk was klaar en al die passasiers het gesit. Smouse het steeds hul weg in die bus in gebaan om hul produkte aan passasiers te verkoop. Almal het geskree wat hulle gehad het om te verkoop. Die woorde het vir my snaaks geklink.
Le chargement était complet et tous les passagers étaient assis. Des colporteurs se frayaient encore un passage dans l’autobus pour vendre leurs marchandises aux passagers. Chacun criait les noms des articles disponibles. Les mots me semblaient drôles.
‘n Paar passasiers het drinkgoed gekoop. Ander het versnaperinge gekoop en daaraan begin kou. Die wat soos ek geen geld gehad het nie, het hulle dopgehou.
Quelques passagers achetèrent des breuvages, d’autres achetèrent des petites collations et commencèrent à manger. Ceux qui n’avaient pas d’argent, comme moi, observaient seulement.
Die bedrywighede is deur die bus se getoeter onderbreek, ‘n teken dat ons gereed was om te vertrek. Die busbestuurder het vir die smouse geskree om uit die bus te klim.
Ces activités furent interrompues par le klaxonnement de l’autobus, un signe que nous étions prêts à partir. Le revendeur de billets cria aux colporteurs de sortir.
Smouse het mekaar uit die pad gestoot om uit die bus uit te kom. Party het kleingeld aan reisigers gegee. Ander het nog ‘n laaste poging aangewend om meer te verkoop.
Les colporteurs se poussaient pour sortir de l’autobus. Quelques-uns ont redonné de la monnaie au voyageurs. D’autres ont fait des tentatives de dernière minute pour vendre d’autres articles.
Toe die bus die bushalte verlaat, het ek deur die venster gestaar. Ek het gewonder of ek ooit sou teruggaan na my dorpie toe.
Lorsque l’autobus quitta l’arrêt, j’ai regardé par la fenêtre fixement. Je me demandais si je retournerais à mon village un jour.
Soos die reis gevorder het, het dit baie warm geword in die bus. Ek het my oë toegemaak en gehoop ek kon slaap.
Alors que le voyage avançait, l’intérieur de l’autobus est devenu très chaud. J’ai fermé les yeux en espérant dormir.
My gedagtes het egter huis toe gedwaal. Sal my ma veilig wees? Sal my hasies geld maak? Sal my boetie onthou om my boompies water te gee?
Mais je repensais toujours à chez moi. Est-ce que ma mère serait en sécurité ? Est-ce que mes lapins rapporteraient de l’argent ? Est-ce que mon frère se souviendrait d’arroser mes semis d’arbres ?
Op pad het ek die plek waar my oom in die groot stad bly, gememoriseer. Ek het dit steeds gemompel toe ek aan die slaap raak.
En chemin, j’ai mémorisé le nom de l’endroit où mon oncle vivait dans la grande ville. Je le marmonnais encore lorsque je me suis endormi.
Nege ure later het ek wakker geword van ‘n harde gehamer en ‘n geroep na passasiers wat na my dorpie toe wou gaan. Ek het my sakkie gegryp en uit die bus gespring.
Neuf heures plus tard, je me suis réveillé au bruit de quelqu’un qui appelait les passagers qui retournaient au village. J’ai ramassé mon petit sac et j’ai sauté de l’autobus.
Die bus wat sou teruggaan, was vinnig besig om vol te word. Binnekort sou dit ooswaarts gaan. Die belangrikste vir my was om te begin soek na my oom se huis.
L’autobus de retour se remplissait rapidement. Bientôt il partirait vers l’est. La chose la plus importante pour moi maintenant était de commencer à chercher la maison de mon oncle.