Hennetjie en Duisendpoot was vriende. Maar hulle het altyd teen mekaar gekompeteer. Op ‘n dag het hulle besluit om sokker te speel om te bepaal wie die beste speler is.
La poule et le millepatte étaient amis. Mais ils étaient toujours en compétition l’un contre l’autre. Un jour, ils décidèrent de jouer au football pour voir qui était le meilleur joueur.
Hulle het sokkerveld toe geloop en met hulle wedstryd begin. Hennetjie was vinnig, maar Duisendpoot was vinniger. Hennetjie het ver geskop, maar Duisendpoot het verder geskop. Hennetjie het knorrig begin raak.
Ils allèrent au terrain de football et commencèrent à jouer. La poule était rapide, mais le millepatte était encore plus rapide. La poule envoyait le ballon loin, mais le millepatte l’envoyait encore plus loin. La poule commençait à être de mauvaise humeur.
Hulle het besluit om te kyk wie die meeste doele kon skop. Duisendpoot was eerste die doelwagter. Hennetjie het net een doel geskop. Daarna was dit Hennetjie se beurt om die doel te verdedig.
Ils décidèrent de faire des tirs au but. Au début, le millepatte était gardien de but. La poule marqua un seul but. Puis ce fut au tour de la poule d’être le gardien de but.
Duisendpoot het die bal geskop en een punt aangeteken. Duisendpoot het die bal gedribbel en nog ‘n doel aangeteken. Duisendpoot het ‘n kopbal gespeel en nog ‘n doel aangeteken. Duisendpoot het altesaam vyf doele aangeteken.
Le millepatte tira dans le ballon et marqua. Le millepatte dribbla avec le ballon et marqua. Le millepatte fit une tête avec le ballon et marqua. Le millepatte marqua cinq buts.
Hennetjie was woedend omdat sy verloor het. Sy was ‘n slegte verloorder. Duisendpoot het begin lag omdat sy vriendin so ‘n groot bohaai opskop.
La poule était furieuse d’avoir perdu. C’était une très mauvaise perdante. Le millepatte commença à rire parce que son amie en faisait toute une histoire.
Hennetjie was so kwaad dat sy besluit het om haar bek groot oop te maak en Duisendpoot in te sluk.
La poule était tellement en colère qu’elle ouvrit tout grand son bec et avala le millepatte.
Terwyl Hennetjie rustig huis toe geloop het, het sy vir Mamma Duisendpoot raakgeloop. Mamma Duisendpoot het gevra: “Het jy my kind gesien?” Hennetjie het nie geantwoord nie. Mamma Duisendpoot was baie bekommerd.
Alors que la poule rentrait à la maison, elle rencontra la maman millepatte. La maman millepatte demanda, « as-tu vu mon enfant ? » La poule ne répondit pas. La maman millepatte était inquiète.
Net toe Hennetjie begin loop, het Mamma Duisendpoot ‘n klein stemmetjie gehoor. “Help my Mamma!” het die stem geskree. Mamma Duisendpoot het soekend rondgekyk en versigtig geluister. Die stem het uit Hennetjie se maag gekom.
Puis la maman millepatte entendit une petite voix. « Aide-moi maman ! » criait la voix. La maman millepatte regarda autour et écouta attentivement. La voix venait de l’intérieur de la poule.
Mamma Duisendpoot het geskree: “Gebruik jou unieke krag, my kind!” Duisendpote kan ‘n slegte reuk en aaklige smaak afgee. Hennetjie het begin siek voel.
La maman millepatte s’écria « Utilise tes pouvoirs spéciaux mon enfant ! » Les millepattes peuvent faire une mauvaise odeur et donner un mauvais goût. La poule commença à se sentir mal.
Hennetjie het ‘n wind opgebreek. Toe het sy ‘n sluk gegee en gespoeg. Toe het sy genies en begin hoes en hoes. Duisendpoot was walglik!
La poule fit un rot. Puis elle déglutit et cracha. Puis elle éternua et toussa. Et toussa. Le millepatte était dégoûtant !
Hennetjie het gehoes en geproes tot sy die duisendpoot wat in haar maag was, uitgehoes het. Mamma en Duisendpoot het vinnig teen ‘n boomstam opgeklim om te gaan wegkruip.
La poule toussa jusqu’à ce qu’elle recrache le millepatte qui était dans son estomac. La maman millepatte et son enfant rampèrent jusqu’à un arbre pour se cacher.
Van daardie dag af is hoenders en duisendpote vyande.
Depuis ce temps, les poules et les millepattes sont ennemis.