Tom dra ‘n houer vol ryp piesangs.
汤姆顶着一篮熟透的香蕉。
Tom gaan mark toe om die piesangs te verkoop.
汤姆去集市上卖香蕉。
Mense by die mark koop die vrugte.
很多人去集市上买水果。
Maar niemand koop Tom se piesangs nie. Hulle verkies om vrugte by vrouens te koop.
但是没有人去汤姆那儿,因为他们更喜欢去女人们那儿买。
“Net vrouens verkoop vrugte in ons gemeenskap,” sê die mense. “Watse soort man is dit die?” vra die mense.
人们说:“在我们这儿,只有女人会去卖水果”。他们问:“什么男人会去卖水果啊?”
Maar Tom gee nie moed op nie. Hy bly roep, ” Piesangs te koop! Koop my lekker ryp piesangs!”
但是汤姆没有放弃。他在集市上叫卖:“快来买我的香蕉!又大又甜的香蕉!”
Een vrou tel ‘n tros piesangs op uit die houer. Sy bekyk dit deeglik.
有一个妇女从篮子里抓了一把香蕉,仔细地查看。
Die vrou koop die piesangs.
然后她买了那把香蕉。
Meer mense kom na die stalletjie toe. Hulle koop Tom se piesangs en eet daarvan.
越来越多的人到汤姆的摊位前。他们买了汤姆的香蕉,吃得津津有味。
Sommer gou is die houer leeg. Tom tel hoeveel geld wat hy gemaak het.
不一会儿,汤姆的篮子就空了,他数了数自己卖香蕉赚到的钱。
Daarna gaan koop Tom seep, suiker en brood. Hy pak dit alles in sy houer.
汤姆用这些钱买了肥皂、糖和面包。他把这些东西放在他的篮子里。
Tom balanseer die houer op sy kop op pad huis toe.
汤姆把篮子稳稳当当地顶在头上,回家了。