Vroeg een oggend het Vusi se ouma hom geroep en gesê, “Vusi, neem asseblief hierdie eier na jou ouers toe. Hulle het dit nodig om ‘n groot koek te bak vir jou suster se troue.”
Op pad na sy ouers het Vusi twee seuns raakgeloop wat besig was om vrugte te pluk. Een seun het die eier uit Vusi se hand gegryp en dit na ‘n boom gegooi. Die eier het gebreek.
福思带着鸡蛋上了路,他遇到了两个正在采水果的男孩。其中一个男孩抓过鸡蛋,朝着果树扔过去,鸡蛋破了。
“Wat het jy gedoen?” skree Vusi. “Daardie eier was vir ‘n koek vir my suster se troue. Wat gaan my suster sê as daar nie ‘n troukoek is nie?”
Langs die pad het hy twee mans ontmoet wat besig was om ‘n huis te bou. “Kan ons daardie sterk stok gebruik?” vra een. Vusi gee toe die stok vir hom, maar die stok was nie sterk genoeg vir bouwerk nie en het gebreek.
“Wat het jy gedoen?” huil Vusi. “Daardie stok was ‘n trougeskenk vir my suster. Die vrugteplukkers het vir my die stok gegee omdat hulle die eier wat in die koek sou wees, gebreek het. Die koek was vir my suster se troue. Nou is daar geen eier, koek of geskenk nie. Wat gaan my suster sê?”
Die bouers het sleg gevoel omdat hulle die stok gebreek het. “Ons kan nie help met die koek nie, maar hier is ‘n bondel gras vir jou suster,” het een gesê. En so het Vusi voortgegaan met sy reis.
Daarna het Vusi ‘n boer met ‘n koei ontmoet. “Daardie gras lyk heerlik. Kan ek ‘n happie kry?” vra die koei. Maar die gras was so smaaklik dat die koei alles opgeëet het!
“Wat het jy gedoen?” skree Vusi. “Daardie gras was ‘n geskenk vir my suster. Die bouers het dit vir my gegee omdat hulle die stok gebreek het wat ek by die vrugteplukkers gekry het. Die vrugteplukkers het die stok vir my gegee omdat hulle die eier vir my suster se koek gebreek het. Die koek was vir my suster se troue. Nou is daar geen eier nie, geen koek nie en geen geskenk nie. Wat sal my suster sê?”
Die koei was vreeslik jammer dat sy so gulsig was. Die boer het saamgestem dat die koei saam met Vusi gaan as ‘n geskenk aan sy suster. En so het Vusi voortgegaan.
奶牛很抱歉,因为它太自私了。农民决定让奶牛跟着福思,作为礼物送给他姐姐。福思继续上路了。
Maar later in die dag het die koei teruggehardloop na die boer toe. Dit het Vusi lank geneem om by die troue uit te kom en die gaste het alreeds begin eet.
但是,到了吃晚饭的时候,奶牛跑回农场了,福思也迷路了。他很晚才到姐姐的婚礼上,客人们已经在吃饭了。
“Wat moet ek nou doen?” vra Vusi. “Die koei wat weggehardloop het was ‘n geskenk in ruil vir die gras wat die bouers vir my gegee het. Die bouers het vir my gras gegee omdat hulle die stok gebreek het wat ek by die vrugteplukkers gekry het. Die vrugteplukkers het die stok vir my gegee omdat hulle die eier vir my suster se koek gebreek het. Die koek was vir my suster se troue. Nou is daar geen eier nie, geen koek nie en geen geskenk nie.”
Vusi se suster het gehoor wat hy sê en vir ‘n oomblik gedink voordat sy antwoord. “Vusi, my broer, ek gee regtig nie om oor geskenke nie. Ek gee nie eers om oor die koek nie! Ons is almal saam hier en daaroor is ek gelukkig. Gaan trek nou jou deftige klere aan en kom vier saam met ons hierdie spesiale dag!” En dit is net wat Vusi gedoen het.