Odongo en Apiyo het in die stad by hulle pa gewoon. Hulle het uitgesien na die vakansie. Nie net omdat die skool gesluit was nie, maar omdat hulle by hulle ouma sou gaan kuier. Sy het in ‘n vissersdorpie naby ‘n groot meer gewoon.
Odongo en Apiyo was opgewonde omdat dit weer tyd was om by haar te gaan kuier. Die aand voor hulle vertrek, het hulle hul tasse gepak en gereed gemaak vir die lang reis na die dorpie. Hulle kon nie slaap nie en het die hele nag oor die vakansie gepraat.
Vroeg die volgende oggend het hulle na die dorpie vertrek in hulle pa se motor. Hulle het verby berge, wilde diere en teeplantasies gery. Hulle het die motors getel en liedjies gesing.
Na ‘n ruk was die kinders moeg en het aan die slaap geraak.
过了一会儿,孩子们累了,就在车里睡着了。
Pa het vir Odongo en Apiyo wakkergemaak toe hulle in die dorpie aankom. Daar het hulle hulle ouma, Nyar-Kanyada, gevind. Sy was besig om te rus op ‘n mat onder ‘n boom. Nyar-Kanyada in die Luo-taal beteken “dogter van die Kanyada stam.” Sy was ‘n sterk en pragtige vrou.
Nyar-Kanyada het hulle in die huis ingenooi en het in die kamer rondgedans en gesing van blydskap. Haar kleinkinders was opgewonde om die geskenke wat hulle saamgebring het vir haar te gee. “Maak my geskenk eerste oop,” het Odongo gesê. “Nee, myne eerste!” het Apiyo gesê.
Nadat Nyar-Kanyada die geskenke oopgemaak het, het sy haar kleinkinders op ‘n tradisionele manier geseën.
尼亚·坎亚达打开了礼物后,用传统的习俗祝福了她的孙儿们。
Daarna het Odongo en Apiyo buite gaan speel. Hulle het skoenlappers en voëls gejaag.
欧东格和阿皮尤跑出去玩儿了,他们追着蝴蝶和鸟儿,在它们后面跑。
Hulle het boomgeklim en in die meer geplas.
他们还爬树,跳进湖里,溅起了很多水花。
Toe dit donker word, het hulle teruggegaan huis toe vir aandete. Nog voor hulle kon klaar eet, het hulle aan die slaap geraak!
天黑了,他们回到奶奶的家里吃晚饭,但他们太累了,还没吃完,就睡着了。
Die volgende dag het die kinders se pa teruggery stad toe. Hy het die kinders by Nyar-Kanyada gelos.
第二天,爸爸开车回城了,把孩子们留给奶奶。
Odongo en Apiyo het hulle ouma met die huistake gehelp. Hulle het water en vuurmaakhout gaan haal. Hulle het hoendereiers gaan uithaal en groente gepluk in die tuin.
欧东格和阿皮尤帮助奶奶做家务。他们帮奶奶拎水,运柴。他们还帮奶奶从鸡窝里拿鸡蛋,在花园里摘蔬菜。
Nyar-Kanyada het haar kinders geleer hoe om sagte papkoekies te maak wat ‘n mens saam met bredie eet. Sy het hulle gewys hoe om kokosneutrys saam met geroosterde vis te eet.
尼亚·坎亚达教他们煮乌咖喱,还教他们怎么做和烤鱼一起吃的椰子饭。
Een oggend het Odongo sy ouma se koeie na die weiveld geneem. Hulle het tot op die buurman se plaas gehardloop. Die boer was baie kwaad vir Odongo. Hy het gedreig om die koeie vir homself te hou omdat hulle sy gewasse geëet het. Na daardie dag het die seun seker gemaak dat die koeie nie weer in die moeilikheid kom nie.
Op ‘n ander dag het die kinders saam met Nyar-Kanyada mark toe gegaan. Sy het ‘n stalletjie gehad waar sy groente, suiker en seep verkoop. Apiyo het daarvan gehou om vir die mense te sê hoeveel die items kos. Odongo het die items wat die mense gekoop het vir hulle ingepak.
Teen die einde van die dag het hulle saam tee gedrink. Hulle het Ouma gehelp om die geld wat sy verdien het te tel.
这天的工作结束后,他们坐在一起喝茶,帮奶奶数了数这天赚到的钱。
Maar gou was die vakansie verby en die kinders moes teruggaan stad toe. Nyar-Kanyada het vir Odongo ‘n pet gegee en vir Apiyo ‘n trui. Sy het kos ingepak vir hulle reis.
Toe hulle pa gekom het om hulle te haal, wou hulle nie weggaan nie. Die kinders het vir Nyar-Kanyada gesmeek om saam te gaan stad toe. Sy het geglimlag en gesê: “Ek is te oud vir die stad. Ek sal vir julle wag totdat julle weer in my dorpie kom kuier.”
Odongo en Apiyo het haar albei ‘n stywe drukkie gegee en totsiens gesê.
欧东格和阿皮尤紧紧地抱着她,跟她告别。
Terug by die skool het Odongo en Apiyo vir al hulle vriende van die lewe in die dorpie vertel. Sommige kinders het gedink dat die lewe in die stad lekkerder is. Ander het gevoel die lewe in the dorpie is beter. Maar almal het saamgestem dat Odongo en Apiyo ‘n wonderlike ouma het!