Dit was ‘n meisie wat eerste die vreemde vorm in die verte gesien het.
有个女孩最先发现了远处有个奇怪的身影。
Soos die vorm nadergekom het, het die meisie gesien dat dit ‘n swanger vrou was.
那个身影越靠越近,她看清楚了,那是一个快生孩子的妇女。
Skaam, maar dapper, het die meisie nader aan die vrou gestap. “Sy moet by ons bly,” het die meisie se mense gesê. “Ons sal haar en haar kind veilig hou.”
Gou was die kind op pad. “Druk!” “Bring komberse!” “Water!” “Dru-u-uk!”
孩子很快就要降生了。“用力啊!”“快拿毯子来!”“水!”“再用点力!”
Maar toe hulle die baba sien, het almal van skok teruggedeins. “‘n Donkie!”
当他们看到孩子时,所有人都吓了一跳,“一头驴?”
Almal het begin stry. “Ons het gesê ons sal die ma en kind veilig hou, en dit is wat ons sal doen,” het sommiges gesê. “Maar hulle sal vir ons slegte geluk bring,” het ander gesê.
En so was die vrou weer alleen. Sy het gewonder wat sy met die vreemde kind moes doen. Sy het gewonder wat sy met haarself moes doen.
妇女发现自己又孤零零一人了。她不知道该拿这个奇怪的孩子怎么办,她也不知道自己该怎么办。
Maar uiteindelik het sy aanvaar dat hy haar kind was en sy was sy ma.
最后,她决定接受这个孩子,做他的妈妈。
As die kind maar so klein kon bly, sou alles dalk anders kon wees. Maar die donkie het gegroei en gegroei totdat hy later nie meer op sy ma se rug kon pas nie. Dit maak nie saak hoe hard hy probeer het nie, hy kon nie doen wat mense doen nie. Sy ma was gereeld moeg en gefrustreerd. Soms het sy hom werk laat doen wat vir diere bedoel was.
Verwarring en woede het binne-in Donkie opgebou. Hy kon nie dít doen nie, en hy kon nie dát doen nie. Hy kon nie sús wees nie, en hy kon die só wees nie. Hy het later so kwaad geword, dat hy eendag sy ma tot plat op die grond geskop het.
Donkie raak toe baie skaam. Hy het so ver en vinnig as moontlik weggehardloop.
驴孩子羞愧极了,他逃跑了,跑得越远越好。
Dit was al donker toe hy uiteindelik ophou hardloop het en Donkie het verdwaal. “Hie-ho?” het hy in die donker gefluister. “Hie-ho,” het dit ge-eggo. Hy was heeltemal alleen. Opgekrul in ‘n stywe balletjie het Donkie diep en onrustig aan die slaap geraak.
Toe Donkie wakker word, staar ‘n vreemde ou man op hom af. Hy het in die ou man se oë gekyk en ‘n sprankie hoop voel flikker.
驴孩子醒了,他发现有个老人低头盯着他。他看着老人的眼睛,感觉到了一丝希望。
Donkie het by die ou man gaan bly. Die man het hom geleer hoe om te oorleef. Donkie het geluister en geleer en die ou man ook. Hulle het mekaar gehelp en hulle het saamgelag.
Een oggend het die ou man vir Donkie gevra om hom na die berg se spits te dra.
一天早上,老人让驴孩子带他到山顶。
Hoog tussen die wolke het hulle aan die slaap geraak. Donkie het gedroom sy ma is siek en dat sy na hom roep. En toe hy wakker skrik…
他们登上山顶,环绕在云雾中,睡着了。驴孩子梦到他的妈妈生病了,正在呼唤他,然后他就醒了……
…het die wolke verdwyn saam met sy vriend, die ou man.
……云雾消失了,他的朋友——那个老人——也消失了。
Donkie het uiteindelik geweet wat hy moes doen.
驴孩子终于知道要做什么了。
Donkie het sy ma weer gevind. Sy was alleen en het oor haar verlore kind getreur. Hulle het lank na mekaar gestaar. Toe gee hulle mekaar ‘n stywe drukkie.
Die donkie-kind en sy ma het weer vir mekaar lief geword. Hulle het geleer hoe om met mekaar saam te leef. Met tyd het ander gesinne langs hulle kom bly.