Eendag, lank, lank gelede, was Hen en Arend vriende. Hulle het in vrede saamgeleef met al die ander voëls. Nie een van hulle kon vlieg nie.
很久很久以前,母鸡和老鹰是好朋友。他们和其他的鸟儿住在一起,相安无事,但是他们都不会飞。
Eendag was daar ‘n hongersnood in die land. Arend moes baie ver loop om kos te kry. Sy het baie moeg geword. “Daar moet ‘n makliker manier wees om te reis!” sê Arend.
Na ‘n goeie nagrus het Hen ‘n briljante idee gekry. Sy het begin om al hul voëlvriende se vere wat uitgeval het, bymekaar te maak. “Kom ons werk hulle vas op ons eie vere,” het sy gesê. “Miskien sal dit dan makliker wees om te reis.”
Arend was die enigste een in die dorpie wat ‘n naald gehad het, so sy het eerste begin werk. Sy het vir haarself ‘n paar pragtige vlerke gemaak en hoog bo Hen gevlieg. Hen het die naald geleen maar het gou moeg geword van die gewerk. Sy het die naald op die kas gelos en kombuis toe gegaan om vir haar kinders kos voor te berei.
Die ander voëls het vir Arend sien wegvlieg. Hulle het toe vir Hen gevra om vir hulle die naald te leen, sodat hulle ook vir hulself vlerke kon maak. Gou-gou was daar oral in die lug voëls wat rondgevlieg het.
Toe die laaste voël die geleende naald terugbring, was Hen nie daar nie. Haar kinders neem toe die naald en begin daarmee speel. Toe hulle moeg word van die speletjie het hulle die naald in die sand gelos.
Arend het laat die middag teruggekom. Sy het die naald gevra om sommige van haar vere wat losgegaan het tydens haar reis, reg te maak. Hen het op die kas gekyk. Sy het in die kombuis gesoek. Sy het op die werf gesoek, maar die naald was nêrens te kry nie.
“Gee my net ‘n dag,” het Hen by Arend gesmeek. “Dan kan jy jou vlerke regmaak en wegvlieg om weer kos te kry.” “Net nog een dag,” het Arend gesê. “As jy nie die naald kry nie, sal jy vir my een van jou kuikens moet gee as betaling.”
Toe Arend die volgende dag kom, het sy vir Hen gekry waar sy in die sand skrop, maar geen naald nie. Arend het toe blitsvinnig afgeduik en een van die kuikens gevang. Sy het daarmee weggevlieg. Altyd daarna, wanneer Arend daar aankom, kry sy vir Hen wat in die sand skrop op soek na die naald.
As Arend se skaduwee op die grond val, waarsku Hen haar kuikens. “Kom weg uit die kaal droë grond.” Hulle antwoord dan: “Ons is nie dom nie. Ons sal hardloop.”