下载 PDF
返回故事列表

Hoekom seekoeie nie hare het nie 为什么河马没有毛发

作者 Basilio Gimo, David Ker

插图 Carol Liddiment

译文 Elizma Hiscock, Helena Vilonel

配音 Willemien Wannberg

语言 南非语

级别 2级

将整故事念出来

播放速度

自动念故事


Haas het eendag langs die rivier verby gestap.

有一天,兔子在河边散步。


Seekoei was ook daar, hy was besig om die sappige groen gras te eet.

河马也在那儿,一边闲逛,一边找些美味的野草来吃。


Seekoei het nie vir Haas gesien nie en per ongeluk op Haas se voet getrap. Haas het begin om op Seekoei te skree: “Jou Seekoei! Kan jy nie sien dat jy op my voet trap nie?”

河马没有看见兔子,她不小心踩到了兔子的脚。兔子尖叫了一声,朝着河马大喊:“该死的河马!没看到你踩到我的脚了吗?”


Seekoei het vir haas om verskoning gevra: “Ek is so jammer. Ek het jou nie gesien nie. Asseblief, vergewe my!” Haas wou egter nie luister nie en het op Seekoei geskree: “Jy het dit aspris gedoen! Jy sal nog sien, eendag sal jy kry wat jy verdien!”

河马赶紧给兔子道歉:“真不好意思,我的朋友!我没看见你!请原谅我!”兔子哪里会听河马的解释,他气极了,朝着河马大吼:“你肯定是故意的!总有一天你会受到惩罚!”


Haas het toe vir Vuur gaan haal en gesê: ” Gaan brand vir Seekoei wanneer sy uit die rivier uitkom om gras te eet. Sy het op my getrap!” Vuur antwoord vir Haas: “Geen probleem nie, Haas, my vriend. Ek sal doen net soos jy vra.”

兔子找到了火,他对火说:“趁河马从水里出来吃草的时候,朝她放一把火。她竟敢踩我的脚。”火回答说:“没问题,我的朋友!我这就按你说的做。”


Later het Seekoei ver van die rivier af gras gaan eet. Ewe skielik “Woosj!” begin Vuur brand. Die vlamme het Seekoei se hare begin brand.

过了一会儿,河马正在离河岸很远的地方吃草。呼的一声,火突然烧起来了,烧到了河马的身上。


Seekoei het begin huil en na die water toe gehardloop. Al haar hare was afgebrand deur die vlamme. Seekoei het aanhou huil: “My hare het afgebrand in die vuur! My hare is alles weg! My pragtige hare!”

河马尖叫着,赶紧跑向河边,但是她的毛发已经全部烧毁了。河马伤心地说:“我的毛都被火烧掉了!你烧了我的毛!它们全都不见了!我美丽的毛!”


Haas was baie bly dat Seekoei se hare gebrand het. En tot vandag toe, oor hulle vrees vir vuur, gaan seekoeie nooit meer ver van die water af nie.

兔子终于报了仇,他高兴坏了;直到现在,河马也不敢离河岸太远,因为她害怕又要被火烧。


作者: Basilio Gimo, David Ker
插图: Carol Liddiment
译文: Elizma Hiscock, Helena Vilonel
配音: Willemien Wannberg
语言: 南非语
级别: 2级
出处: 原文来自非洲故事书Why hippos have no hair
共享创意授权条款
本着作系采用共享创意 署名 3.0 未本地化版本授权条款授权。
选项
返回故事列表 下载 PDF