In ‘n klein dorpie teen die hange van berg Kenia het ‘n klein dogtertjie in die landerye saam met haar ma gewerk. Haar naam was Wangari.
在东非肯尼亚山的山腰上,有一座小村庄,村庄里有一个小女孩和妈妈一起在田里劳作,这个女孩叫旺加里。
Wangari het dit baie geniet om buite te wees. In hulle familie se groentetuin het sy die grond losgemaak met haar panga en klein saadjies in die warm grond geplant.
旺加里很喜欢呆在户外。在她家的农田里,旺加里用弯刀劈开土地,把小种子播撒到温暖的泥土里。
Net na sonsondergang was Wangari se gunstelingtyd van die dag. Wanneer dit so donker geword het dat sy nie meer die plante kon sien nie het sy geweet dat dit tyd was om huis toe te gaan. Sy het die smal paadjies deur die landerye gevolg en riviere oorgesteek soos sy gestap het.
Wangari was ‘n slim kind en kon nie wag om skool toe te gaan nie. Haar ma en pa wou gehad het dat sy tuis moet bly om hulle by die huis te help. Op sewejarige ouderdom het haar ouer broer haar ouers oortuig om haar skool toe te stuur.
Sy het daarvan gehou om te leer! Met elke boek wat Wangari gelees het, het sy al hoe meer geleer. Sy het so goed presteer op skool dat sy uitgenooi is om in die Verenigde State van Amerika te gaan studeer. Wangari was baie opgewonde! Sy wou graag meer van die wêreld leer.
Wangari het baie nuwe dinge by die Amerikaanse universiteit geleer. Sy het geleer van plante en hoe hulle groei. Dit het haar laat terugdink aan die pragtige woude in Kenia waar sy grootgeword het en saam met haar broers onder die koeltebome gespeel het.
Terwyl sy studeer het, het sy al hoe meer besef hoe lief sy die mense van Kenia gehad het. Sy wou hê hulle moes gelukkig en vry wees. Hoe meer sy geleer het, hoe meer het sy teruggedink aan haar tuiste in Afrika.
Nadat sy haar studies voltooi het, is sy terug Kenia toe maar haar land het verander. Daar was groot uitgestrekte plase regoor die land. Die vroue het nie meer hout gehad om vuur te maak nie. Die mense was arm en die kinders was honger.
Wangari het geweet wat om te doen. Sy het die vroue geleer hoe om met die plant van ‘n saadjie ‘n boom te laat groei. Die vroue kon die bome verkoop en die geld gebruik om na hulle gesinne om te sien. Die vroue was baie gelukkig. Wangari het hulle gehelp om suksesvol en sterk te wees.
Soos die tyd verby gegaan het, het die nuwe bome grootgeword en tot woude gegroei. Die riviere het weer begin vloei. Wangari se boodskap het regoor Afrika versprei. Vandag is daar miljoene bome wat van Wangari se saadjies gegroei het.
Wangari het hard gewerk. Regoor die wêreld het mense van haar gehoor en sy het ‘n bekende prys verower. Ons noem hierdie prys die Nobelprys vir Vrede. Sy was die eerste vrou in Afrika wat die prys ontvang het.
旺加里努力工作,引起了全世界的注意,人们授予她诺贝尔和平奖,她是非洲第一位获得这份殊荣的女性。
Wangari het in 2011 gesterf, maar elke keer wat ons ‘n boom sien, kan ons aan haar dink.