下载 PDF
返回故事列表

Nozibele en die drie hare 诺孜贝儿和三根头发

作者 Tessa Welch

插图 Wiehan de Jager

译文 Fanie Viljoen, Helena Vilonel

配音 Helena Vilonel

语言 南非语

级别 3级

将整故事念出来

播放速度

自动念故事


Lank gelede het drie meisies in die bos gaan hout soek.

很久很久以前,有三个女孩,她们一起外出找柴火。


Dit was ‘n warm dag, daarom het hulle na die rivier toe gegaan om af te koel. Hulle het in die water gespeel en geplas en geswem.

天很热,她们跳下河游了个泳。她们一边游泳,一边嬉戏,溅出很多水花。


Skielik het hulle besef dat dit al laat was. Hulle het hulle terug na die dorpie toe gehaas.

突然,她们意识到天已经很晚了,匆匆忙忙赶回村子。


Toe hulle al amper by die huis was, het Nozibele haar hand op haar nek gesit. Sy het haar halssnoer vergeet! “Gaan asseblief saam met my terug!” het sy haar vriendinne gesmeek. Maar hulle het gesê dit was al te laat.

当她们快到家的时候,诺孜贝儿摸了摸她的脖子:她把项链落在了外面。于是她请求她的朋友们:“和我一起回去找找吧!”但她的朋友们都说太晚了。


Nozibele het alleen teruggegaan na die rivier toe. Sy het haar halssnoer gekry en haastig huis toe gestap. Maar sy het in die donker verdwaal.

诺孜贝儿一个人回到河边,一找到了项链,就赶忙回家,但天太黑了,她迷路了。


In die verte het sy ‘n hut gesien waar ‘n lig brand. Sy het vinnig daarheen geloop en aan die deur geklop.

她远远地看见有个小木屋,木屋里有一丝光亮。她跑到木屋门口,敲了敲门。


Sy was verras toe ‘n hond die deur oopmaak en sê: “Wat wil jy hê?” “Ek het verdwaal en soek ‘n slaapplek, ” sê Nozibele. “Kom in, anders byt ek jou!” sê die hond. Toe het Nozibele ingegaan.

诺孜贝儿吃了一惊,开门的是一只会说话的狗:“你来干嘛?”诺孜贝儿说:“我迷路了,我要找个地方睡觉。”狗回答说:“进来吧,不然我就咬你!”然后诺孜贝儿就进了屋。


“Kook vir my!” het die hond toe gesê. “Maar ek het nog nooit vir ‘n hond gekook nie,” antwoord sy. “Kook, anders byt ek jou!” antwoord die hond. Toe het Nozibele vir die hond kos gemaak.

狗说:“给我做饭!”诺孜贝儿回答说:“但我从来没有给狗做过饭。”狗说:“快做饭,不然我就咬你。”诺孜贝儿没办法,只能给狗做了一些吃的。


Toe sê die hond: “Maak my bed op!” Nozibele antwoord: “Ek het nog nooit ‘n bed vir ‘n hond opgemaak nie.” “Maak op die bed of anders byt ek jou!” sê die hond. Toe maak Nozibele die bed op.

狗说:“给我铺床!”诺孜贝儿回答说:“但我从来没有给狗铺过床。”狗说:“快铺床,不然我就咬你。”诺孜贝儿没办法,只能给狗铺了床。


Sy moes elke dag vir die hond kook, uitvee en was. Op ‘n dag sê die hond: “Nozibele, vandag gaan ek by vriende kuier. Vee die huis uit, kook die kos en was my goed voordat ek terugkom.”

诺孜贝儿每天都要给狗做饭,打扫屋子,洗衣服。有一天,狗说:“诺孜贝儿,我今天要出门见朋友。在我回来之前,你要打扫好屋子,做好饭,洗好衣服。”


Toe die hond weg is, het Nozibele drie hare uit haar kop uitgetrek. Sy het een haar onder die bed gesit, een agter die deur en een in die kraal. Daarna het sy so vinnig as wat sy kon huis toe gehardloop.

狗一走,诺孜贝儿就从头上拔了三根头发下来。她把一根头发放在床下,一根放在门背后,还有一根放在篱笆上。然后诺孜贝儿用尽全力跑回了家。


Met sy terugkoms het die hond na Nozibele gesoek. “Nozibele, waar is jy?” het hy geroep. “Ek is hier onder die bed” het die eerste haar gesê. “Ek is hier, agter die deur,” het die tweede haar gesê. “Ek is hier, in die kraal,” het die derde haar gesê.

当狗回到家的时候,它开始找诺孜贝儿:“诺孜贝儿,你在哪里?”第一根头发说:“我在这儿,在床底下。”第二根头发说:“我在这儿,在门背后。”第三根头发说:“我在这儿,在篱笆上。”


Die hond het geweet Nozibele het hom gekul. Hy het al die pad na die dorpie toe gehardloop. Maar Nozibele se broers het hom met groot stokke ingewag. Die hond het toe omgedraai en weggehardloop en is nooit weer gesien nie.

狗明白了诺孜贝儿耍的花招。它一路跑到诺孜贝儿的村庄,但是诺孜贝儿的兄弟们正拿着棍子等着它呢!狗见状不妙,赶紧跑开了,从此再也没人见过它。


作者: Tessa Welch
插图: Wiehan de Jager
译文: Fanie Viljoen, Helena Vilonel
配音: Helena Vilonel
语言: 南非语
级别: 3级
出处: 原文来自非洲故事书Nozibele and the three hairs
共享创意授权条款
本着作系采用共享创意 署名 3.0 未本地化版本授权条款授权。
选项
返回故事列表 下载 PDF