Lank, lank gelede het die mense niks geweet nie. Hulle het nie geweet hoe om gewasse te plant of klere te weef of hoe om gereedskap van yster te maak nie. Die god Nyame bo in die lug het al die wysheid van die wêreld gehad. Hy het dit in ‘n kleipot bewaar.
很久很久以前,人们什么都不知道。
他们不知道怎么耕田织布,也不知道怎么制造铁器。
天上的尼亚美神把世界所有的智慧都藏在一个砂锅里面。
Op ‘n dag het Nyame besluit om die pot met wysheid vir Anansi te gee. Elke keer as Anansi in die pot gekyk het, het hy iets nuuts geleer. Dit was so opwindend!
有一天,尼亚美决定把藏有智慧的砂锅交给蜘蛛神阿南西。
每当阿南西揭开砂锅往里看,他就会学到新的东西。他感到很兴奋!
Gierige Anansi het gedink: “Ek sal die pot veilig in die top van ‘n hoë boom bewaar. Dan kan ek alles vir myself hê!” Hy het ‘n lang draad gespin, dit rondom die kleipot gedraai en aan sy maag vasgemaak. Hy het begin om in die boom op te klim. Dit was moeilik om boom te klim met die pot wat die heeltyd teen sy knieë stamp.
贪心的阿南西跟自己说,
“我把砂锅安放在树顶上,那样所有的智慧就都只属于我了!”
所以,他织出了一条长长的丝线,把砂锅牢牢地拴住,然后把丝线的另一端系在自己的肚子上。
他开始往那棵树上爬,
可是砂锅总是撞到他的腿,爬起来很辛苦。
Die heeltyd het Anansi se seuntjie onder die boom gestaan en hom dopgehou. Hy het gesê: “Sou dit nie makliker wees om te klim as jy die pot op jou rug vasmaak nie?” Anansi het probeer om die pot vol wysheid op sy rug vas te maak, en dit was regtig baie makliker.
阿南西的儿子在树底下看到了一切。
他跟阿南西说,“把砂锅扛在背上不就容易了吗?”
于是阿南西就试着把砂锅扛在背上,果然容易很多。
Gou-gou het hy die boomtop bereik, maar toe stop hy en dink: “Ek is veronderstel om die een met al die wysheid te wees, en hier was my seun slimmer as ek!” Anansi was so kwaad hieroor dat hy die kleipot uit die boom uit gegooi het.
阿南西很快就爬到树顶上。
可是他突然想到一个问题:
“拥有所有智慧的人应该是我,可是刚才我儿子居然比我还聪明!”
阿南西气得差点跳起来了,一气之下竟把砂锅扔到树下。
Dit het aan skerwe gespat toe dit die grond tref. Die wysheid was verniet vir almal om in te deel. Dit is hoe die mense geleer het hoe om te boer, klere te weef, gereedskap van yster te maak en al die ander dinge te doen wat mense weet hoe om te doen.
砂锅一落地就碎成小片。
砂锅碎了,所有的智慧也跑了出来,大家可以自由分享了。
就是这样,世上的人们才学会如何耕田、如何织布,如何打铁做铁器,还有所有现在人会做的一切。